
=====================================================================
Ver gemeenskappe se leiers leer sakevernuf (AV 7:3)
=====================================================================

Inhoudsoorsig

Ver gemeenskappe se leiers leer sakevernuf

Con January doen verslag van 'n hoopgewende slypskool oor sakegeletterdheid wat die Stichting Huis der Nederlanden in samewerking met die 
Stigting vir Afrikaans in Pinelands, Kaapstad, aangebied het.

'ONS doen dit in Afrikns.' Dit het prof. Linda de Vries, projekleier van die Ekonomiese Geletterdheids- en Entrepreneurskapseenheid van 
die Universiteit van Wes-Kaapland, besluit toe sy genader is om 'n driedaagse entrepreneurskapslypskool in die Huis der Nederlanden aan te 
bied.

Hierdie slypskole van die eenheid is gewoonlik in Engels, maar die 22 deelnemers (18 vroue en 4 mans) is in di geval moedertaalsprekers 
van Afrikaans. Hulle kom uit voorheen gemarginaliseerde en benadeelde plattelandse gemeenskappe van 'n uitgestrekte streek rondom Upington 
in die Noord-Kaap, uit die Kalahari, die Groot Karoo en die Wes-Kaap. Boonop is een van die drie hoofdoelstellings van die opvoedkundige en 
kultuursentrum die Huis der Nederlanden om Afrikaans stewig binne sy mure te vestig. Die kursus was dus in Afrikaans.

Prof. De Vries en haar kollegas by die entrepreneurseenheid, Juliana Smith en Ren Coraizin, het werkboeke in Afrikaans vir die 
kursusgangers opgestel. Die drietal het ook as fasiliteerders van die slypskool opgetree.

'n Belangrike doelwit met die slypskool is om potensile entrepreneurs bewus te maak van die sakewreld, geletterd en paraat vir sy 
uitdagings. Volgens prof. De Vries beteken dit alles 'n kennismaking met die taal en begrippe van die sakewereld.

Die kursus stel die kursusgangers in staat om 'n ontleding te maak van die behoeftes en begeertes van verbruikers in hul omgewing en in 'n 
wyer kring. In di proses leer elkeen onderskei watter soort onderneming vir hom/haar lewensvatbaar sal wees.

In die loop van die kursus is geleentheid aan deelnemers gegee om sakeplanne te ontwerp wat elke kursusganger in staat stel om 'n projeksie 
van sy/haar onderneming vir die toekoms te maak. Deurgaans is die kursusgangers aangespoor om aktief deel te neem aan alle aspekte van die 
kursus. Die rol van die fasiliteerders was slegs om te motiveer, te evalueer en te kordineer. Die leeraktiwiteite moes die leerders lei 
tot ontdekkings, ondersoek, navorsing, vraagstelling en eksperimentering in die nuwe wreld van sakeondernemings.

Die kursusgangers was almal leiers in gemeenskapsontwikkeling en geletterdheidstudieleiers wat met die karige middele tot hul beskikking 
geletterdheid vir volwassenes probeer ontwikkel. 'n Belangrike aspek van die kursus in sakegeletterdheid is dat dit lei tot persoonlike 
bemagtiging, wat 'n stimulerende rimpeleffek het op die leerders in die geletterdheidsklasse n die gemeenskap van die leiers.

Die waardes wat die kursus oordra, is dat harde werk, persoonlike opoffering, deursettingsvermo en die aanvaarding van uitdagings tot 
suksesvolle entrepreneurskap lei. 'n Aspek wat deurgaans aandag gekry het, was probleemoplossing.

Die Afrikaanse kursushandleiding "Entrepreneurskap-ontwikkeling" het 'n ander dimensie gebied. Leerders kon met trots hul werkboek lees, na 
dokumente, oefeninge en terme daarin verwys en tuiswerk voltooi. Die lesersvriendelike handboek in die moedertaal het onontbeerlik geblyk 
in die leerproses.

Die kursusgangers het soos ware "leerders" hul daaglikse tuiswerk stiptelik gedoen. Die drie modules wat die werkboek bevat, is gerig op 
persoonlike ontwikkeling, sakeontwikkeling en finansile geletterdheid.

Aan die einde van die kursus was die manier waarop die kursusgangers eie sake-idees prakties kon toepas, 'n puik aanduiding in watter ho 
mate hulle by die kursus baat gevind het. Voorbeelde van lewensvatbare sakeplanne met begrotings wat die onderskeie groepe vir beoordeling 
deur die fasiliteerders aangebied het, was: Groep 1  Pannekoekparadys; Groep 2  Tinkerbell Snuisterywinkel; Groep 3  Groenvingers 
Tuinversorgers.

Die deelnemers het elkeen n afloop van die kursus met akademiese toga en band 'n deftige sertifikaat van kursuserkenning van die 
Entrepreneurseenheid ontvang. N 'n geselligheid wat nie gou vergeet sal word nie, is met vreugde en trane afskeid geneem.

Die Huis der Nederlanden met sy klein groep werkers en vrywillige bestuurslede was met die geldelike hulp van die Stigting vir Afrikaans, 
soos by twee vorige geleenthede, die tuiste vir 'n besondere groep aanbieders en geletterdheidstudieleiers. Dis die enigste instansie wat 
mense uit hul omgewing na Kaapstad bring, waar hulle as gaste gekoester word, onderling kan gedagtes wissel en die voordeel het van 'n 
eersteklas bemagtigingskursus.

Eer en dank moet gaan aan mnr. Kees van den Barselaar, 'n Nederlander wat al jare lank 'n sakeonderneming in Benoni het. Dit word nou deur 
sy seun bestuur terwyl hy en sy vrou deur die wreld reis. Die lot van ongeletterdes in Suid-Afrika het hom so aangegryp dat hy vir di 
kursus 'n tjek uitgeskryf het wat twee derdes van die koste gedek het.

Dit sal vir mnr. Van den Barselaar tot groot vreugde wees om te hoor dat Lien van Kradenburg van Grootdrink en Jacoba Friedberg van Loubos 
reeds met eie ondernemings begin het. Con January is vryskutjoernalis, fotograaf, sanger en liedjieskrywer.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av7317.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999, 2000       Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Julie 2000 /// Om vir moedertaal te stry of nie (AV 7:3) /// Terugblik 
op die grootste kunstefees (AV 7:3) /// Vlytige voorstander van veeltaligheid (AV 7:3) /// Forum vir openhartige debat (AV 7:3) /// Komrij 
blues (AV 7:3) /// Afrikaans as skakel na die buiteland (AV 7:3) /// Groot tjek vir stoepplesier (AV 7:3) /// Nuwe hoop vir ongeletterde 
plaaswerkers (AV 7:3) /// Behou diversiteit in globaliseringsproses (AV 7:3) /// Vennootskap van inheemse tale is prioriteit (AV 7:3) /// 
Carl Niehaus het in Nederland gebou (AV 7:3) /// Vele koppe maak puik planne (AV 7:3) /// ET blues (AV 7:3) /// Nuwe speler op die taalveld 
(AV 7:3) /// Talle faktore gryp in universiteitstaal in (AV 7:3) /// Tussen Scylla en Charybdis deurvaar (AV 7:3) /// Ver gemeenskappe se 
leiers leer sakevernuf (AV 7:3) /// Hansie blues (AV 7:3) /// Twee letterkundiges in gesprek (AV 7:3) /// 'n Bloeityd in die reklamebedryf 
(AV 7:3) /// Woordeboeke gee leerproses woema (AV 7:3) /// Nuwe toevoeging tot woordeboeklys (AV 7:3) /// Twee Koreane verstaan toe 
Afrikaans (AV 7:3) /// Studente wil in Afrikaans feesvier (AV 7:3) /// Afrikaans word in toneelwreld nuut gespel (AV 7:3) /// Jou 
Afrikaans is redelik goed! (AV 7:3) /// Privaatgesprek (AV 7:3) ///

